4 Comments

  1. denise

    Ek wonder wie of wat die sg “kerk” is waarvan hier gepraat word?

    Duidelik is daar ‘n groot skroef los, want die kerk van God is tog die korporatiewe Bruid van Christus, en daarom dus elkeen wie in Christus wedergebore is. Daarom is die ware kerk van God ‘n lewende organisme.

    Nooit as te nimmer kan “die kerk” ‘n instelling of gebou of organisasie wees nie.

    So, as iemand sê dat hy/sy is “klaar met die kerk”, is dit duidelik dat daar ‘n enorme wanbegrip is van wie en wat “die kerk” is.

    By implikasie is so iemand dus “klaar met hom/haarself”?

    Denise

    • Beste Denise

      Jammer ek sien nou eers jou “comment”. Jy is heeltemal korrek in wat jy sê, ek dink dit is presies wat die artikel ook wou sê. Miskien het jy net die opskrif gelees of die begin? Die tweede helfte van die artikel wil dit juis duidelik maak dat die kerk die bruid van Christus is en dat ons nie sommer net die kerk kan vaarwel roep nie.

  2. Elsje

    Die “kerk” is so gefokus, en hou hulle so besig met die DINGE van Die Here, dat hulle skoon vergeet het van die Die Here van die dinge. Het die kerk en sy kleinlike gestoei oor irrelevante dinge lankal agtergelaat. Daar staan immers geskryf “niks kan jou skei van die liefde van God nie” Waarom sal iets soos die feit dat n persoon homoseksueel is hom/haar skei van hulle Skepper, en boonop verwag dat hulle teen die menslike natuur selebaat moet bly om deur God aanvaar te word. Dit het niks met God te doen nie, maar met sommige van die kerkbanksitters se vooroordele. Die kerk as sulks het absoluut niks met my geloof te doen nie. Dit sal nie my redding wees nie, my geloof wel, en ek kan nie die grootste gebod dat jy jou naaste moet liefhê sonder oordeel en voorbehoud meer in die kerk vind nie. Daarom wens ek die kerk net die beste toe, maar ek kan my nie meer met julle voorskrifte en vooroordel vereenselwig sonder om my gewete en beterwete te verkrag nie.

neem deel aan die gesprek...